Posts

Showing posts from February, 2020

Wie nie waag nie, wen nie

Image
Emigrasie is ’n gewilde onderwerp in Suid-Afrika op die oomblik, veral onder mense in my ouderdormsgroep. Wanneer jy in ’n gesprek daaroor betrokke raak, is die slotsom basies – bly jy, of ry jy. Ek en my man het in 2018 besluit dat emigrasie die beste opsie vir ons gesin is en ons het Kanada as ons nuwe tuiste gekies. Paul Fiedler - Unsplash Ek woon al my hele lewe lank in Suid-Afrika, in dieselfde provinsie en dieselfde stad. As kind was ek bevoorreg om heelwat binnelands te reis tydens skoolvakansies. Ons het gewoonlik gekamp, wat ’n bekostigbare opsie is vir ’n gesin van vyf. Ek was nog nooit in een van ons buurlande nie en was onlangs vir die tweede keer in die buiteland. My wêreld was tot nou toe nog eintlik maar klein. Uiteraard is die besluit om sak en pak na ’n vreemde land te verhuis teenstrydig met my reiservaring en my oorversigtige persoonlikheid. Dit was wel die maklikste besluit tot dusver – dat ons wel wil gaan, en na watter land. Maar dit was net die begin v