My eerste indrukke van Kanada (as ’n toeris)
Ek het onlangs die ongelooflike geleentheid gehad om Kanada eerstehands te gaan beleef. Me, myself and I. Nie net as ’n welverdiende wegbreek nie, maar ook om my eie indrukke oor die land en sy mense in te win. Dit is mos anders om ’n plek in persoon te beleef. Geen poskaart of stock foto is heeltemal getrou aan die werklikheid nie en mens moet daai soort koue aan jou eie bas voel! Boonop het ek nog nooit voorheen sneeu gesien nie, so dit was ’n bonus om my kuier vir die winter te beplan. Ek het eers via Frankfurt (ek was baie beïndruk met die SAL-vlug) en Montreal na Halifax, Nova Scotia gereis. In Montreal het daar egter ’n sneeustorm vir my gewag. My vlug na Halifax is drie keer gekanselleer weens die slegte weer en in só geval maak die lugdiens nie voorsiening vir hotelverblyf vir gestrande toeriste nie. Ek was vir amper ’n dag op ‘n lughawe vasgekeer waar meeste mense nie eens Engels gepraat het nie en boonop nie baie vriendelik is nie. Ek was gereed om han...