Posts

Showing posts from July, 2020

’n Nuwe balans vir ’n introvert

Image
Ek en my man is albei selferkende huislywe. Dis nou sommer ’n woord wat ek uitgedink het, kluisenaar klink bietjie drasties. As ons ’n keuse het, spandeer ons ons tyd tuis eerder as om uit te gaan. Ons is uiteraard nie bekend daarvoor dat ons die dorp rooi, of enige ander kleur, verf nie. Dit beteken nie ons gaan nooit uit nie, ons moet onsself net deeglik voorberei en genoeg krag hê om die buitewêreld aan te durf. Ek laat dit nou in elk geval dramaties klink, maar eintlik is ons maar net sterk introverte. Daar is ’n wanindruk dat introverte nie mense-mense is nie. Jy weet – ’n People’s Person . Maar dit is glad nie die geval nie. Ons verkies ons mense net in klein dosisse en binne ’n beperkte raamwerk. As ons op ons gemak voel, praat ons ’n hond uit ’n bos uit. Daarteenoor is ons werklik slegte geselskap as ons moeg en gespanne is. Deesdae voel dit vir my of ons permanent moeg en gespanne is (met komplimente van China) en ek begin al wonder of mense dink ek wil hulle nie meer ke