Posts

Showing posts from June, 2020

Die goed saam met die sleg

Image
Dit is nou amptelik ’n week en twee dae sedert ek my kantoorwerk vir voltydse mamma verruil het. Dus het ek nou meer plek in my kop terwyl ek agter die seuntjies aanhardloop. In my vorige inskrywing het ek die swaarte van COVID-19 en die inperking van my bors af gekry, so nou wil ek graag die positiewe invloed wat dit op my lewe gehad het deel. Sommige daarvan was maklik om raak te sien, vir ander moes ek dieper gaan delf. Bruno Nascimento – Unsplash Ek noem dikwels opmerkings wat mense maak as hulle hoor jy emigreer. Een daarvan is die bekommernis dat ons Suid-Afrikaners gaan sukkel om sonder ’n huishulp klaar te kom. My feetjie het twee maal per week by ons kom draai voor die inperking en dit was altyd so lekker om by ’n skoon huis in te stap. Ná inperking moes ek skielik voltyds tuis werk, na die kinders kyk (ek en my man moes beurte maak) EN die huiswerk doen. Jy leer vinnig om die wasgoed op te hang terwyl die kinders televisie kyk of slaap – en ja, my kinders het BAIE tele