Posts

Showing posts from January, 2021

Die wonder van ’n winter-Kersfees

Image
Kersfees in die noordelike halfrond is régtig soos in die flieks. Dit is meer as net die sneeu en liggies – dit is ’n leefstyl. Selfs tydens ’n pandemie. Mense op straat groet jou met Kerswense. Een van die huise op my pad winkel toe (ek mag mos nie bestuur nie so ek stap in die aand) het ’n luidspreker in hul erf wat sagte Kersmusiek speel. Oral pronk liggies, kerskranse en kersbome van alle kleure, groottes en vorms. Stringe liggies versier dennebome op straat tot amper by die top en ek wonder hoe dit gedoen word. Daar is plaaslik ’n amptelike Lighting of the tree -seremonie, wat hierdie jaar aanlyn plaasgevind het. Families lewer Kerskaartjies met pragtige familiefoto’s op by die deur af. En dan is daar Kersvader, of Santa soos hy hier bekendstaan.   Santa se bederfies. Ons seuntjies het hierdie jaar ’n persoonlike video van Santa af ontvang. Dit is ’n diens wat ons vriendin Stephanie voor betaal het – jy stuur basiese inligting oor jou kinders en dan neem hulle ’n video spesiaa