Posts

Showing posts from August, 2020

Gedagtes op papier

Image
Ek het al baie die gesegde gehoor dat as jy doen waarvoor jy lief is, jy nie vir ’n dag van jou lewe sal werk nie. Daar steek beslis waarheid in hierdie stelling, dit is belangrik dat jy jou beroep geniet en passievol daaroor is, maar ek dink dit is steeds goed om jou werk en jou stokperdjies te skei. Ek het egter tot redelik onlangs die twee met mekaar verwar. Kom ek verduidelik.   Ek was nog altyd kreatief en goed met kuns. Van kleins af het ek daarvan gehou om te teken en daar was van vroeg af baie detail in my tekeninge. Op skool was een van my buitemuurse aktiwiteite deurentyd kunsklasse – daar was altyd nuwe om te leer en sonder dat ek dit noodwendig besef het was dit ’n ontvlugting van die werklikheid, iets wat ’n dagdromer goed pas. Omdat kuns my sterkpunt was het ander mense dit vanselfsprekend met my geassosieer en het ek self gereken dat ek dit vir ’n beroep sou kies. Van al die beroepsgesprekke wat ons aan die einde van ons Hoërskoolloopbaan gehad het was daar egter nie