Posts

Showing posts from March, 2021

Dis heerlike lente

Image
Ek sal nie só voorbarig wees en sê “die winter is verby nie” maar die lente is beslis hier. Die Kanadese spot met mekaar dat indien jy die wintersklere te vroeg wegbêre gaan ons vir oulaas ’n sneeustorm kry. Dit was beslis al so tussendeur die warmer weer ysig koud, koud genoeg vir ál die wintersklere. Een só koue oggend op pad skool toe het ’n vrou gebieg sy het net die dag van tevore die jasse weggepak... My gunsteling deel van die warmer weer is die voëltjies wat terug is. Ek was so gewoond aan die gekwetter en getjirp in my ouers se welige agtertuin dat die stilte van die Kanadese winter vir my vreemd was. Skielik is ek weer bewus van ’n geroep iewers uit ’n boom of ’n klein swerm wat al in die rondte vlieg. Die volgende ding wat opmerklik met die warmer weer gepaard gaan is dat troppe kinders skielik in die straat te sien is. Ek het nie geweet daar bly soveel kinders in ons singel nie. Dis net fietse, basketballe en hokkiestokke waar jy kyk. Hier is mos geen heinings nie so jy