Posts

Showing posts from October, 2023

Perspektief

Image
  September merk 3-jaar sedert ons na Kanada verhuis het. Die rasionele deel van my brein sê dit moet soos ‘n lang tyd voel, maar as jy jou lewe in jou middel 30’s oor begin, is dit eintlik kort. In baie opsigte is ons regtig bevoorreg. Ons het goed by die gemeenskap ingeskakel, ons het wonderlike mense ontmoet, ons het stabiele beroepe, ons kinders vaar goed op skool, ons besit ‘n huis en geniet die voordele van ‘n klein-dorpie-leefstyl terdeë. Ek is glad nie spyt oor ons besluit om ons lewens te ontwortel nie. Ons staan ferm by ons “waarom” en waardeer die lewenskwaliteit wat ons hier geniet. Maar Kanada is beslis nie perfek nie. Dit het ook uitdagings, en al leef ons beskermd in die platteland van Manitoba is ons baie bewys van wat in die nuus en op sosiale media die rondte doen. Ek voel egter dat ek Suid-Afrika om verskoning moet vra. Nie omdat ek dit agter gelaat het nie, maar omdat ek so gefokus was op die negatiewe aspekte van die land dat ek nie erkenning kon gee aan die goei