Posts

Showing posts from May, 2020

Siek-en-sat vir COVID-19

Image
Ek was vasbeslote om nie ’n bloginskrywing oor COVID-19 te maak nie, want ek was voor die inperking reeds moeg vir die virus-verwante inligting wat my om elke hoek en draai oorweldig het. Dit is egter nou 47 dae later en alles wat ek te sê het, het op een of ander manier iets met die pandemie te make. Dit maak jou siek, of jy dit nou onder lede het of nie. ’n Illustrasie van die koronavirus, CDC (Unsplash) Dit is baie moeilik om vir ’n virus kwaad te wees. Jy kan dit nie aanspreeklik hou nie. Jy kan dit nie beboet nie. Jy kan dit nie skel en vloek nie (want kom ons wees nou maar eerlik, soms laat dít mens immers ’n bietjie beter voel). Trouens, jy kan niks binne jou menslike beheer doen om die virus of sy pad van verwoesting te beïnvloed nie, behalwe dalk om na jou eie gesondheid om te sien. Ek kan vir ons president kwaad wees, hoofsaaklik vir die skade wat hy aan ons ekonomie berokken het. Of dat sy regering ons menseregte van só mate beperk dat dit vir elke demografi