Posts

Showing posts with the label reis

My eerste indrukke van Kanada (as ’n toeris)

Image
Ek het onlangs die ongelooflike geleentheid gehad om Kanada eerstehands te gaan beleef. Me, myself and I. Nie net as ’n welverdiende wegbreek nie, maar ook om my eie indrukke oor die land en sy mense in te win. Dit is mos anders om ’n plek in persoon te beleef. Geen poskaart of stock foto is heeltemal getrou aan die werklikheid nie en mens moet daai soort koue aan jou eie bas voel! Boonop het ek nog nooit voorheen sneeu gesien nie, so dit was ’n bonus om my kuier vir die winter te beplan. Ek het eers via Frankfurt (ek was baie beïndruk met die SAL-vlug) en Montreal na Halifax, Nova Scotia gereis. In Montreal het daar egter ’n sneeustorm vir my gewag. My vlug na Halifax is drie keer gekanselleer weens die slegte weer en in só geval maak die lugdiens nie voorsiening vir hotelverblyf vir gestrande toeriste nie. Ek was vir amper ’n dag op ‘n lughawe vasgekeer waar meeste mense nie eens Engels gepraat het nie en boonop nie baie vriendelik is nie. Ek was gereed om han...

Wie nie waag nie, wen nie

Image
Emigrasie is ’n gewilde onderwerp in Suid-Afrika op die oomblik, veral onder mense in my ouderdormsgroep. Wanneer jy in ’n gesprek daaroor betrokke raak, is die slotsom basies – bly jy, of ry jy. Ek en my man het in 2018 besluit dat emigrasie die beste opsie vir ons gesin is en ons het Kanada as ons nuwe tuiste gekies. Paul Fiedler - Unsplash Ek woon al my hele lewe lank in Suid-Afrika, in dieselfde provinsie en dieselfde stad. As kind was ek bevoorreg om heelwat binnelands te reis tydens skoolvakansies. Ons het gewoonlik gekamp, wat ’n bekostigbare opsie is vir ’n gesin van vyf. Ek was nog nooit in een van ons buurlande nie en was onlangs vir die tweede keer in die buiteland. My wêreld was tot nou toe nog eintlik maar klein. Uiteraard is die besluit om sak en pak na ’n vreemde land te verhuis teenstrydig met my reiservaring en my oorversigtige persoonlikheid. Dit was wel die maklikste besluit tot dusver – dat ons wel wil gaan, en na watter land. Maar dit was net die begin v...