Posts

Showing posts with the label COVID-19

525600 minute

Image
Ek bevind myself op ’n interessante plek in my lewe. Ons een-jaar-herdenking in Kanada het gekom en gegaan. Ons het ’n huis gekoop en ’n maand terug ingetrek. Somer het reeds plek gemaak vir herfs en die nuwe skooljaar het begin. Baie het in drie maande gebeur – sedert my laaste skrywe. Ek het nie regtig ’n geldige rede vir die uitstel nie. Dalk het ek gevoel die mense wat regtig belangstel het al hierdie nuus reeds ontvang – sommige van hulle met foto’s en video’s as bewyse. Dalk het ek gewag vir inspirasie om my te kom aanmoedig. Dalk kry ek skaam oor hoe my Afrikaans verswak het. Dalk was ek sommer net lui. Hoe dit ook al sy, laat is beter as nooit. Dit is onwerklik om te dink dat ons verpligte kwarantyn verlede week ’n jaar terug verby was. Net so onwerklik om te dink dat ons ’n jaar terug op ’n vliegtuig geklim het sonder enige insig oor wat vir ons voorlê. Onder onstuimige omstandighede. En hier is ons nou! Ons het dit gemaak! Ons het deurgedruk en het elke dag dapper aangepak ...

Halsoorkop

Image
Hierdie is amper soos ’n vervolg op my “holderstebolder” inskrywing, want hier in die Steenkamp-huis hou ons mos daarvan om groot veranderinge alles op een slag aan te pak. Daar het heelwat gebeur sedertdien, so saam met die koms van ons eerste somer in Kanada. Die somer het oornag verskyn – skielik is dit grasgroen net waar jy kyk! Moeilik om te glo dit is dieselfde landskap wat ’n paar maande gelede onder sneeu bedek was. Almal weet dit word bibberkoud in Kanada, maar ek het nie besef dit word só warm ook nie. Hierdie week was daar oral op die nuus waarskuwings vir temperature bo 40°C en mense is aangeraai om net sekere tye van die dag met hul honde te gaan stap. Ja...dit is deel van die oggendnuus op televisie – die “ Dog Walking Forecast ”. Ons provinsie is ongelukkig al vir meer as ’n maand onder streng inperkings. Jy mag nie eens ’n geselsie op straat aanknoop nie. So al is die somer in volle glorie hier, kan ons dit nie juis geniet nie. Ons kruip maar binnenshuis weg met die l...

Troebel waters

Image
Jeremy Bishop - Unsplash   Ek sit vandag en dink oor my swaar gemoedstoestand. Ek voel boonop baie selfsugtig ook, want ons het mos nou gekry waarvoor ons so lank geswoeg en gesweet het – ons is immers in Kanada. Ek het gedink ek is emosioneel voorbereid op wat vir ons wag, maar niks op hierdie aarde kon my voorberei op die impak wat COVID daarop sou hê nie. Ons immigrasie-status voel vir my soos daai Pinterest fails wat mens op die internet kry (klik gerus op die skakel as jy nie weet waarvan ek praat nie). Ons is vandag presies drie maande in Kanada. Dit voel gelyktydig langer en korter. Ons provinsie, Manitoba, is sedert middel November in die strengste inperking wat Kanada nóg gehad het. Dit is baie soortgelyk aan die Vlak 5-inperking van Suid-Afrika, buiten dat wegneemetes, alkohol, sigarette en selfs cannabis nog verkoop word. Al die Kersversierings, onder andere, is as nie-noodsaaklike items verklaar en word saam met klere, speelgoed, breekware, boeke ens. toegespan. Jy m...

Holderstebolder

Image
Jessica Newendyke - Unsplash Uiteindelik! Ons is veilig in Kanada! En soos dit my en my man betaam was die hoogtepunt van ons jaar tot dusver nét só – holderstebolder. My ma het later gesê dit het letterlik gelyk asof ons oornag gevlug het. Ons twee is bekend daarvoor dat ons oorhaastige besluite maak en nie altyd deeglik beplan voor ons iets aanpak nie, maar mens sou reken dat ons die laaste stap van die ontworteling met meer voorsorg sou aanpak. Ons lewe tans egter midde ’n pandemie, so ek reken in hierdie geval het ons aanpasbaarheid handig te pas gekom. Die emosies is dalk nie meer so vars nie, maar ek deel graag die gebeure rondom ons vlug na ons nuwe tuiste. Ek het vroeër genoem dat ons kandidate was vir die nuwe Rural Immigration Pilot. COVID het dit, soos baie ander dinge, ook in die wiele gery en daar was geen duidelikheid oor wanneer ons aansoek verwerk sou word nie. Ons enigste alternatief was dus om aansoek te doen vir ’n werkspermit. Onder COVID-regulasies was die wagt...

’n Nuwe balans vir ’n introvert

Image
Ek en my man is albei selferkende huislywe. Dis nou sommer ’n woord wat ek uitgedink het, kluisenaar klink bietjie drasties. As ons ’n keuse het, spandeer ons ons tyd tuis eerder as om uit te gaan. Ons is uiteraard nie bekend daarvoor dat ons die dorp rooi, of enige ander kleur, verf nie. Dit beteken nie ons gaan nooit uit nie, ons moet onsself net deeglik voorberei en genoeg krag hê om die buitewêreld aan te durf. Ek laat dit nou in elk geval dramaties klink, maar eintlik is ons maar net sterk introverte. Daar is ’n wanindruk dat introverte nie mense-mense is nie. Jy weet – ’n People’s Person . Maar dit is glad nie die geval nie. Ons verkies ons mense net in klein dosisse en binne ’n beperkte raamwerk. As ons op ons gemak voel, praat ons ’n hond uit ’n bos uit. Daarteenoor is ons werklik slegte geselskap as ons moeg en gespanne is. Deesdae voel dit vir my of ons permanent moeg en gespanne is (met komplimente van China) en ek begin al wonder of mense dink ek wil hulle nie meer ke...