Halsoorkop

David Ramirez - Unsplash

Hierdie is amper soos ’n vervolg op my “holderstebolder” inskrywing, want hier in die Steenkamp-huis hou ons mos daarvan om groot veranderinge alles op een slag aan te pak. Daar het heelwat gebeur sedertdien, so saam met die koms van ons eerste somer in Kanada.

Die somer het oornag verskyn – skielik is dit grasgroen net waar jy kyk! Moeilik om te glo dit is dieselfde landskap wat ’n paar maande gelede onder sneeu bedek was. Almal weet dit word bibberkoud in Kanada, maar ek het nie besef dit word só warm ook nie. Hierdie week was daar oral op die nuus waarskuwings vir temperature bo 40°C en mense is aangeraai om net sekere tye van die dag met hul honde te gaan stap. Ja...dit is deel van die oggendnuus op televisie – die “Dog Walking Forecast”.




Ons provinsie is ongelukkig al vir meer as ’n maand onder streng inperkings. Jy mag nie eens ’n geselsie op straat aanknoop nie. So al is die somer in volle glorie hier, kan ons dit nie juis geniet nie. Ons kruip maar binnenshuis weg met die lugverkoeling aan. Ek smag na ’n lekker kuier en sommer net gesels, in persoon. Omdat ons in ’n huurhuis woon is daar niks om in ons erf te doen nie. Daar is nie eens ’n behoorlike skadu-kolletjie nie en die kinders is konstant verveeld. My redding met die nuutste inperking is egter dat ek ’n werk gekry het!

Dit het heel toevallig gebeur. Net voor die inperkings was Callie by ’n vuur-geselligheid  saam met ’n paar manne (daar was bier en borsstuk betrokke) en so tussendeur geselsies het iemand genoem dat hulle opsoek is na ’n ontwerper. ’n Week later het ek ingestem om by die winkel aan te sluit en ek en Callie het besluit dat ons die logistiek sal uitklaar soos ons aangaan. Die besigheid staan bekend as Alt Signs en hulle maak (onder andere) vinielplakkers (decals), kennisgewingsborde en borduurwerk vir kledingstukke. Dit is ’n jong onderneming wat groot projekte met ’n klein spannetjie aanpak. Vir my is dit lekker om aan verskeie projekte op ’n slag te werk en my ontwerpe in lewende lywe gedruk te sien – iets wat ek nog nie regtig van te vore kon geniet nie. Volg hulle gerus op Instragram om te sien presies waarmee ons besig is.


Vars logo en blink naambord vir’n nuwe haarsalon.


Die grootste struikelblok in dié nuwe verwikkeling was dat ek nie dagsorg vir die seuntjies gehad het nie. Die plan was aanvanklik dat ek by die winkel sou wees op die dae wat Ralph skool toe gaan en dan die ander dae van die huis af werk. Ek het begin rondvra vir dagsorg en kon heel toevallig vir Albert ’n voltydse plek kry, net om die draai van die huis af. Later het ek en Callie begin beurte maak om by die huis te werk op die dae wat Ralph ook by die huis was, in oggend- en middagskofte. Ons het net een motor en gelukkig kry Callie ’n saamry-geleentheid by ’n buurman in ons straat. Maar dit was steeds ’n uitdaging om ’n balans te vind. Kort voor lank het ek navraag gedoen of Ralph ook by die dagsorg kan inskakel en nou is ek basies voltyds by die winkel. Die kinders geniet die maats en om sommer net te speel. Ek en Callie eet saam middagete tuis en teen 17:00 skakel ons alles af en gaan huis toe. Môre is nog ’n dag. Die werkskultuur is heeltemal anders as dit waaraan ons in SA gewoond was.

Maar so het alles in plek geval. Ek word per uur betaal en moet nog gewoond raak daaraan om ’n tydstaat op datum te hou. In Kanada word mens ook elke twee weke betaal en ek hou nooit kop van wanneer die twee weke eindig nie. Gelukkig is alles digitaal. Eerlikwaar is dit ook lekker om ’n geldjie te verdien ná amper ’n jaar wat ek nie gewerk het nie. Die ekstra inkomste gaan verder handig te pas kom omdat ons onlangs ’n huis gekoop het. Ons trek eers in Augustus en omdat die huis nooit geadverteer is nie het ons nog nie foto’s om te wys nie. Maar ons is baie opgewonde dat ons binnekort ook ons eie spasie gaan hê wat ons kan inrig net soos ons wil. En daar is skadu, ’n klein klimraam, sandput en ’n dek in die agterplaas!


Die versameling op my vensterbank groei. Pun intended.

Ander opwindende nuus is dat ons in Mei uiteindelik ons permanente verblyfsreg gekry het. Basies ’n jaar na ons aansoek uit Suid-Afrika gepos is. Ek sidder nog as ek terugdink aan hoe ons tydens SA se vlak 4-inperking ’n gewillige koerier moes opspoor. Ons wag al so lank daarvoor en moes vele uitdagings daarsonder aanpak, maar nou is dit amptelik. Ons is hier om te bly.

Dit is dan ook ’n jaar sedert ons by my ouers ingetrek het en ek verlang ekstra baie na my mense. Ek verlang ook om in Afrikaans te skerts en klets en moet alreeds hard konsentreer as ek met mense in Suid-Afrika praat om my taal nie te veel te meng nie.

Ek besef ook ek moet aanvaar dat my seuntjies reeds in Engels dink, al praat hulle Afrikaans by die huis. En dat hulle Afrikaans nie noodwendig so suiwer gaan wees soos ek gehoop het nie. Ek is egter so trots op hoe aanpasbaar hulle ten spyte van al die veranderinge is en hoe goed hulle vorder.

Intussen droom ons solank saam met ons ouers oor moontlike besoeke in 2022 – ons gaan mos teen daardie tyd ’n spaarkamer hê. Ons sien uit daarna dat ons hopelik binne die volgende week goeie nuus sal ontvang oor die inperkings. Ek is opgewonde oor die eerste ordentlike donderstorm wat ons gisteraand gehad het. Ons kon onsself op ’n snikhete dag hierdie week met die heerlikste draairoomys bederf. En ek wag in spanning vir haarsalonne om weer oop te maak vir ’n nodige haarsny. Ek is immers nou ’n werkende dame.


- - - - -


Hurry-scurry

This post is somewhat of a sequel to a previous post (that is not translated to English just yet) about how we simply “wing” life in the Steenkamp house. Lots have happened in the last month, along with the start of our first summer in Canada.

Summer arrived overnight. Suddenly it is green everywhere! Hard to believe it is the same landscape that was covered in snow a few months ago. Everyone knows it gets extremely cold in Canada, but I never realised it gets this hot as well. This week the news gave warning of temperatures above 40°C and people were advised to only take their dogs for a walk during certain times of the day. Yes...that is part of the morning news on TV – the ‘Dog Walking Forecast’.



Unfortunately, our province has been in a tight lockdown for over a month now. You aren’t even allowed to have a chat with someone in the street. So even though summer is here in all its glory, we can’t really enjoy it yet. We hide inside the house with the air conditioning on full blast. I yearn for a good get-together or just a chat, but in person. Because we are in a rental right now, there is nothing to do in our backyard. We don’t even have a decent amount of shade, and the kids are constantly bored. My saving grace during this latest lockdown, however, was that I got a job!

It happened out of the blue. Right before the hard lockdown hit, Carl was at a fire with a few guys (I should explain that means a gathering at a fire that involved beer and brisket – they weren’t just watching a random fire burn). During casual chats someone mentioned that they are looking for a designer. A week later I decided to join the team and Carl and I figured that we would work out the logistics as we go. The company is called Alt Signs and they do (amongst others) decals, signage and apparel. It is a young venture that tackles large projects with a small team. I really enjoy working on various projects at the same time, but the best part is seeing my design actually printed – something I haven’t been able to experience before. Follow them on Instagram to see what exactly we are up to.


Fresh logo and shiny sign for a new hair salon in town.

The biggest hurdle in this new development was that I didn’t have day care for the boys. Initially the plan was for me to be at the shop on days that Ralph goes to kindergarten and work from home for the rest. I frantically started looking for day care options and was lucky to find a full-time spot for Albert, right around the corner. Later Carl and I started taking turns to work from home when Ralph wasn’t in school, in morning and afternoon shifts. We share a car and luckily Carl can carpool with a neighbour down the street. But it was still a huge challenge to find a balance that worked for us. It wasn’t long before I enquired if Ralph could attend day care as well and now I am basically at the shop full time. Carl and I have lunch together at home and by 17:00 we switch everything off and leave the office. Tomorrow is another day. The work culture here is vastly different to what we were used to in South Africa!

Somehow everything fell into place. I get paid by the hour and I am still getting used to keeping a timesheet up to date. In Canada we get paid every second week. Honestly, the money is a welcome addition after I’ve been unemployed for almost a year. The second income is also appreciated as we recently bought a house. We take occupation mid-August, but as the house was never officially on the market, we don’t have any photos to share just yet. We look forward to having our very own space that we can arrange just the way we like. And there is plenty shade, a small play structure, sandbox and a deck in the back yard!


My collection on the windowsill is growing. Pun intended.

In other news, we finally got our confirmation of permanent residency in May! Pretty much a year after we sent the application from SA. I still shudder when I think back to how we tried to find a willing courier during SA level 4 lockdown to get the documents to Canada. We’ve been waiting for this so long and had to face many challenges without it, but it is now official. We are here to stay!

It has also been a year since we moved in with my parents and I really miss my people. I also miss conversing and joking in Afrikaans and I have to really concentrate on not mixing my language too much when I talk to someone in SA.

I also realised I must accept that my sons are already thinking in English, although they speak Afrikaans at home. And that their Afrikaans won’t be as pure as I initially hoped it would be. I am, however, immensely proud of how adaptable and resilient they’ve been throughout all this change and how well they are doing.

In the meantime, we are dreaming about a visit from our parents in 2022 – after all, we will have a spare bedroom by then. We look forward to hopefully getting good news about the restrictions during the next week or so and I was so excited for our first proper thunderstorm last night. We could treat ourselves to delicious soft serve ice cream on a sweltering hot day this past week. And I am eagerly awaiting the reopening of hair salons so I can get a much-needed haircut. After all, I am a working lady now.

Comments

Popular posts from this blog

'n Gewone lewe

Perspektief

Wie nie waag nie, wen nie