Posts

Showing posts with the label Elmer's Manufacturing

Van werksoek na weerbaarheid

Image
As mense hoor ons emigreer Kanada toe, is die eerste vraag gewoonlik of een van ons ’n werk daar gekry het. Ons het van die begin af besluit dat ons die skuif beslis nie sonder ’n werksaanbod sal maak nie, so dit was ’n belangrike deel van die proses. My man Callie* is ’n programmeerder – ’n beroep hoog in aanvraag in Kanada. Ten spyte daarvan was dit baie moeiliker om ’n werk te kry as wat ons ooit kon voorspel, hoofsaaklik omdat ons nog in Suid-Afrika was. Hy het daagliks vir poste aansoek gedoen, op elke platform denkbaar. Tussen meer as 300 aansoeke het hy drie onderhoude gehad wat onsuksesvol was, nadat hy dae lank aan ’n lyntjie gehou is. Uiteindelik, net toe ons wil tou opgooi, kry hy terugvoer van Elmer’s Manufacturing in Altona. Reeds van die eerste gesprek af was hul aanslag totaal anders as die vorige ervarings. Hulle was gemaklik, vriendelik en het oor ons gesin uitgevra. Ons het dadelik begin navorsing doen oor die dorp en besef dat dié pos ons nie net na ’n an...