Posts

Showing posts with the label emigrasie

Perspektief

Image
  September merk 3-jaar sedert ons na Kanada verhuis het. Die rasionele deel van my brein sê dit moet soos ‘n lang tyd voel, maar as jy jou lewe in jou middel 30’s oor begin, is dit eintlik kort. In baie opsigte is ons regtig bevoorreg. Ons het goed by die gemeenskap ingeskakel, ons het wonderlike mense ontmoet, ons het stabiele beroepe, ons kinders vaar goed op skool, ons besit ‘n huis en geniet die voordele van ‘n klein-dorpie-leefstyl terdeë. Ek is glad nie spyt oor ons besluit om ons lewens te ontwortel nie. Ons staan ferm by ons “waarom” en waardeer die lewenskwaliteit wat ons hier geniet. Maar Kanada is beslis nie perfek nie. Dit het ook uitdagings, en al leef ons beskermd in die platteland van Manitoba is ons baie bewys van wat in die nuus en op sosiale media die rondte doen. Ek voel egter dat ek Suid-Afrika om verskoning moet vra. Nie omdat ek dit agter gelaat het nie, maar omdat ek so gefokus was op die negatiewe aspekte van die land dat ek nie erkenning kon gee aan die ...

525600 minute

Image
Ek bevind myself op ’n interessante plek in my lewe. Ons een-jaar-herdenking in Kanada het gekom en gegaan. Ons het ’n huis gekoop en ’n maand terug ingetrek. Somer het reeds plek gemaak vir herfs en die nuwe skooljaar het begin. Baie het in drie maande gebeur – sedert my laaste skrywe. Ek het nie regtig ’n geldige rede vir die uitstel nie. Dalk het ek gevoel die mense wat regtig belangstel het al hierdie nuus reeds ontvang – sommige van hulle met foto’s en video’s as bewyse. Dalk het ek gewag vir inspirasie om my te kom aanmoedig. Dalk kry ek skaam oor hoe my Afrikaans verswak het. Dalk was ek sommer net lui. Hoe dit ook al sy, laat is beter as nooit. Dit is onwerklik om te dink dat ons verpligte kwarantyn verlede week ’n jaar terug verby was. Net so onwerklik om te dink dat ons ’n jaar terug op ’n vliegtuig geklim het sonder enige insig oor wat vir ons voorlê. Onder onstuimige omstandighede. En hier is ons nou! Ons het dit gemaak! Ons het deurgedruk en het elke dag dapper aangepak ...

Dag-tot-dag in ons nuwe tuisland (Deel 1)

Image
Wanneer mens immigreer, voel dit aanvanklik so bietjie soos vakansie. Ek moes myself reeds in die eerste week herinner dat ons nie weer terugvlieg Suid-Afrika toe nie, ná ek ’n paar notas in my kop gemaak het oor wat die vlug met die seuntjies makliker sou maak. Ek moes daaraan werk om nie heeltyd te praat van “ Back home ...” nie en slegs verwys na “ In South Africa ...” – Kanada is mos nou my huis. Mag van die gewoonte, reken ek. Want alles, letterlik alles, is anders hier en dit gaan ’n wyle neem om daaraan gewoond te raak. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ons is bitter dankbaar dat ons hier mag bly, maar die verandering is heelwat groter as wat ek verwag het. Ek deel dus graag ’n paar dinge wat ons tydens ons eerste maand in Altona teëgekom het. As jy hoegenaamd ’n kinkel in jou haar-tekstuur het sal jy met my simpatiseer – my hare kroes hier erger as by die see. Dit lyk alewig of ek nie my hare gekam het nie en ’n wasige stralekrans om my kop ronddra. Ons beleef reeds temp...

Holderstebolder

Image
Jessica Newendyke - Unsplash Uiteindelik! Ons is veilig in Kanada! En soos dit my en my man betaam was die hoogtepunt van ons jaar tot dusver nét só – holderstebolder. My ma het later gesê dit het letterlik gelyk asof ons oornag gevlug het. Ons twee is bekend daarvoor dat ons oorhaastige besluite maak en nie altyd deeglik beplan voor ons iets aanpak nie, maar mens sou reken dat ons die laaste stap van die ontworteling met meer voorsorg sou aanpak. Ons lewe tans egter midde ’n pandemie, so ek reken in hierdie geval het ons aanpasbaarheid handig te pas gekom. Die emosies is dalk nie meer so vars nie, maar ek deel graag die gebeure rondom ons vlug na ons nuwe tuiste. Ek het vroeër genoem dat ons kandidate was vir die nuwe Rural Immigration Pilot. COVID het dit, soos baie ander dinge, ook in die wiele gery en daar was geen duidelikheid oor wanneer ons aansoek verwerk sou word nie. Ons enigste alternatief was dus om aansoek te doen vir ’n werkspermit. Onder COVID-regulasies was die wagt...

Die goed saam met die sleg

Image
Dit is nou amptelik ’n week en twee dae sedert ek my kantoorwerk vir voltydse mamma verruil het. Dus het ek nou meer plek in my kop terwyl ek agter die seuntjies aanhardloop. In my vorige inskrywing het ek die swaarte van COVID-19 en die inperking van my bors af gekry, so nou wil ek graag die positiewe invloed wat dit op my lewe gehad het deel. Sommige daarvan was maklik om raak te sien, vir ander moes ek dieper gaan delf. Bruno Nascimento – Unsplash Ek noem dikwels opmerkings wat mense maak as hulle hoor jy emigreer. Een daarvan is die bekommernis dat ons Suid-Afrikaners gaan sukkel om sonder ’n huishulp klaar te kom. My feetjie het twee maal per week by ons kom draai voor die inperking en dit was altyd so lekker om by ’n skoon huis in te stap. Ná inperking moes ek skielik voltyds tuis werk, na die kinders kyk (ek en my man moes beurte maak) EN die huiswerk doen. Jy leer vinnig om die wasgoed op te hang terwyl die kinders televisie kyk of slaap – en ja, my kinders het BAIE tele...