Posts

Showing posts from December, 2020

Troebel waters

Image
Jeremy Bishop - Unsplash   Ek sit vandag en dink oor my swaar gemoedstoestand. Ek voel boonop baie selfsugtig ook, want ons het mos nou gekry waarvoor ons so lank geswoeg en gesweet het – ons is immers in Kanada. Ek het gedink ek is emosioneel voorbereid op wat vir ons wag, maar niks op hierdie aarde kon my voorberei op die impak wat COVID daarop sou hê nie. Ons immigrasie-status voel vir my soos daai Pinterest fails wat mens op die internet kry (klik gerus op die skakel as jy nie weet waarvan ek praat nie). Ons is vandag presies drie maande in Kanada. Dit voel gelyktydig langer en korter. Ons provinsie, Manitoba, is sedert middel November in die strengste inperking wat Kanada nóg gehad het. Dit is baie soortgelyk aan die Vlak 5-inperking van Suid-Afrika, buiten dat wegneemetes, alkohol, sigarette en selfs cannabis nog verkoop word. Al die Kersversierings, onder andere, is as nie-noodsaaklike items verklaar en word saam met klere, speelgoed, breekware, boeke ens. toegespan. Jy mag,