Posts

Showing posts from October, 2021

Katalogus

Image
Vra enige klasmaat van universiteit, en hulle sal my obsessie met katte kan beaam. Ek het op een of ander wyse katte as tema in bykans elke projek ingesmokkel. Die kans was altyd groot dat ek ’n crazy cat lady gaan word, maar gelukkig het ek ’n man gekry vir wie ek liewer is as katte. En dit sê baie. Ek het my eerste kat gekry toe ek sewe jaar oud was. Hy was grys en sy naam was Simba – Lion King was toe baie gewild. Hy was effe wild en het slange en muisvoëls en halwe muise in die huis ingedra. Hy het sy nege lewens almal spandeer toe hy deur ’n kar raakgery is. Een minder oog en ’n pen in sy femur later, was hy weer sy ou self. Ek weet nie hoe my arme ouers die veearts-rekening betaal het nie maar my liefde vir die skepsel het hulle seker genoop. Ek kan nie presies onthou hoe lank hy geleef het nie maar ek dink op die ou end is hy dood aan katgriep. My volgende liefde was Spica*. Ek was toevallig by die winkel toe daar ’n boks met klein katjies was wat verniet weggee word. Ek wa