Posts

Showing posts from June, 2021

Halsoorkop

Image
Hierdie is amper soos ’n vervolg op my “holderstebolder” inskrywing, want hier in die Steenkamp-huis hou ons mos daarvan om groot veranderinge alles op een slag aan te pak. Daar het heelwat gebeur sedertdien, so saam met die koms van ons eerste somer in Kanada. Die somer het oornag verskyn – skielik is dit grasgroen net waar jy kyk! Moeilik om te glo dit is dieselfde landskap wat ’n paar maande gelede onder sneeu bedek was. Almal weet dit word bibberkoud in Kanada, maar ek het nie besef dit word só warm ook nie. Hierdie week was daar oral op die nuus waarskuwings vir temperature bo 40°C en mense is aangeraai om net sekere tye van die dag met hul honde te gaan stap. Ja...dit is deel van die oggendnuus op televisie – die “ Dog Walking Forecast ”. Ons provinsie is ongelukkig al vir meer as ’n maand onder streng inperkings. Jy mag nie eens ’n geselsie op straat aanknoop nie. So al is die somer in volle glorie hier, kan ons dit nie juis geniet nie. Ons kruip maar binnenshuis weg met die l