Posts

Showing posts with the label Vriende

Verlange en vooruitsigte

Image
Ek dink dit is waarskynlik in die mens se natuur om vergelykings te tref. Dalk sonder dat ons dit eers besef. Kort na ons kwarantyn verby was en ons vir die eerste keer ons nuwe tuiste kon beleef, was ek bewus hoe anders alles is. Want kom ek sê nou vir jou – alles is anders. En aanvanklik voel jy terselfdertyd oorweldig en verwonderd oor al die nuwighede. Ons woon nou vyf maande in Kanada. Al is ons steeds sedert November onder streng inperking, is ons al baie meer tuis as daardie eerste paar weke. Ons voel nie meer so oorweldig nie maar beleef steeds eerstes. Hoe gemakliker ek met alledaagse lewe in Kanada raak, hoe meer vergelykings is daar om tussen my geboorteland en die koue Noorde te tref. Mens is geneig om dan te peins oor wat jy verwelkom en waarna jy regtig verlang. Ek deel dus graag ’n paar dinge op my lysie. Familie en vriende Dit is wat ek die mééste mis. My mense. Ons is baie bevoorreg dat ons reeds ’n handjie vol vriende kon maak (en hulle is regte staatmakers) maa...

’n Nuwe balans vir ’n introvert

Image
Ek en my man is albei selferkende huislywe. Dis nou sommer ’n woord wat ek uitgedink het, kluisenaar klink bietjie drasties. As ons ’n keuse het, spandeer ons ons tyd tuis eerder as om uit te gaan. Ons is uiteraard nie bekend daarvoor dat ons die dorp rooi, of enige ander kleur, verf nie. Dit beteken nie ons gaan nooit uit nie, ons moet onsself net deeglik voorberei en genoeg krag hê om die buitewêreld aan te durf. Ek laat dit nou in elk geval dramaties klink, maar eintlik is ons maar net sterk introverte. Daar is ’n wanindruk dat introverte nie mense-mense is nie. Jy weet – ’n People’s Person . Maar dit is glad nie die geval nie. Ons verkies ons mense net in klein dosisse en binne ’n beperkte raamwerk. As ons op ons gemak voel, praat ons ’n hond uit ’n bos uit. Daarteenoor is ons werklik slegte geselskap as ons moeg en gespanne is. Deesdae voel dit vir my of ons permanent moeg en gespanne is (met komplimente van China) en ek begin al wonder of mense dink ek wil hulle nie meer ke...