Posts

Showing posts with the label identiteit

'n Gewone lewe

Image
 Ek het onlangs ‘n prentjie op die internet gesien wat sê “Wanneer jy 40 word is jy oud vir jongmense, en jonk vir oumense.” My man word hierdie jaar 40. Ek onthou nog my ouers se 40ste verjaarsdagpartytjie. Ek onthou presies waar in die huis ons gesit en kuier het, met die grys rusbanke wat ons al vir dekades nie meer het nie. Ek het nog twee jaar oor voor dit my beurt is, maar ek voel aan my lyf dat ek nou ‘n nuwe fase betree. Met my skuif van skool na universiteit, en weer van universiteit na werk, het ek gedink dat tyd teen my tel. Daar is ‘n tydgleuf waarby ek moet pas hou. En omdat tyd beperk is, moet jy dit nie vermors nie. Ek het vier jaar op universiteit spandeer en vir nog vier jaar daarna met ‘n begin-salaris my studielening afbetaal en dus gereken ek moet ‘n sukses maak van wat ek het. Ek was in my dertigs toe ek vir die eerste keer besef het dat mens nooit te oud is om ‘n verandering te maak nie. Dat geen tyd of energie van die verlede nutteloos was nie. Gelukkig is 30...

Gedagtes op papier

Image
Ek het al baie die gesegde gehoor dat as jy doen waarvoor jy lief is, jy nie vir ’n dag van jou lewe sal werk nie. Daar steek beslis waarheid in hierdie stelling, dit is belangrik dat jy jou beroep geniet en passievol daaroor is, maar ek dink dit is steeds goed om jou werk en jou stokperdjies te skei. Ek het egter tot redelik onlangs die twee met mekaar verwar. Kom ek verduidelik.   Ek was nog altyd kreatief en goed met kuns. Van kleins af het ek daarvan gehou om te teken en daar was van vroeg af baie detail in my tekeninge. Op skool was een van my buitemuurse aktiwiteite deurentyd kunsklasse – daar was altyd nuwe om te leer en sonder dat ek dit noodwendig besef het was dit ’n ontvlugting van die werklikheid, iets wat ’n dagdromer goed pas. Omdat kuns my sterkpunt was het ander mense dit vanselfsprekend met my geassosieer en het ek self gereken dat ek dit vir ’n beroep sou kies. Van al die beroepsgesprekke wat ons aan die einde van ons Hoërskoolloopbaan gehad het was daar egter...

Nuwe ontdekkings in ou kennis

Image
Ek is nie lief daarvoor om sport op die televisie te kyk nie. Dikwels is die rede daarvoor dat ek nie die reëls verstaan nie (soos Tennis), maar hoofsaaklik is dit net eenvoudig vir my té vervelig. Ek het geen lojaliteit teen enige van ons provinsiale rugbyspanne nie en steur my nie aan wêreldranglyste nie. My man skerts dikwels dat ons huwelikskontrak stipuleer dat hy nooit mag golf speel nie. My gebrek aan belangstelling is egter beslis nie deur ’n gebrek aan blootstelling gekweek nie. My pa was nog al tyd lief vir sport kyk. Eintlik enige sport, maar sy gunstelinge was Formule 1, rugby en krieket. Die gezoem van renmotors dien as ideale agtergrondgeraas vir ’n vinnige middagslapie op ’n Sondag. Ek het die middagslapie gevat, my pa was wakker vir die hele wedren. Ek het wel die voorlopers se name en die wysie van die Italiaanse en Duitse volksliedere uit my kop geken. Só ook al die spelers van ons ’95 rugbyspan wat die Wêreldbeker gewen het. Ek was nege jaar oud maar onthou die ...