Posts

Showing posts from February, 2021

Verlange en vooruitsigte

Image
Ek dink dit is waarskynlik in die mens se natuur om vergelykings te tref. Dalk sonder dat ons dit eers besef. Kort na ons kwarantyn verby was en ons vir die eerste keer ons nuwe tuiste kon beleef, was ek bewus hoe anders alles is. Want kom ek sê nou vir jou – alles is anders. En aanvanklik voel jy terselfdertyd oorweldig en verwonderd oor al die nuwighede. Ons woon nou vyf maande in Kanada. Al is ons steeds sedert November onder streng inperking, is ons al baie meer tuis as daardie eerste paar weke. Ons voel nie meer so oorweldig nie maar beleef steeds eerstes. Hoe gemakliker ek met alledaagse lewe in Kanada raak, hoe meer vergelykings is daar om tussen my geboorteland en die koue Noorde te tref. Mens is geneig om dan te peins oor wat jy verwelkom en waarna jy regtig verlang. Ek deel dus graag ’n paar dinge op my lysie. Familie en vriende Dit is wat ek die mééste mis. My mense. Ons is baie bevoorreg dat ons reeds ’n handjie vol vriende kon maak (en hulle is regte staatmakers) maa