Nuwe ontdekkings in ou kennis
Ek is nie lief daarvoor om sport op die televisie te kyk nie. Dikwels is die rede daarvoor dat ek nie die reëls verstaan nie (soos Tennis), maar hoofsaaklik is dit net eenvoudig vir my té vervelig. Ek het geen lojaliteit teen enige van ons provinsiale rugbyspanne nie en steur my nie aan wêreldranglyste nie. My man skerts dikwels dat ons huwelikskontrak stipuleer dat hy nooit mag golf speel nie. My gebrek aan belangstelling is egter beslis nie deur ’n gebrek aan blootstelling gekweek nie. My pa was nog al tyd lief vir sport kyk. Eintlik enige sport, maar sy gunstelinge was Formule 1, rugby en krieket. Die gezoem van renmotors dien as ideale agtergrondgeraas vir ’n vinnige middagslapie op ’n Sondag. Ek het die middagslapie gevat, my pa was wakker vir die hele wedren. Ek het wel die voorlopers se name en die wysie van die Italiaanse en Duitse volksliedere uit my kop geken. Só ook al die spelers van ons ’95 rugbyspan wat die Wêreldbeker gewen het. Ek was nege jaar oud maar onthou die ...