Posts

Siek-en-sat vir COVID-19

Image
Ek was vasbeslote om nie ’n bloginskrywing oor COVID-19 te maak nie, want ek was voor die inperking reeds moeg vir die virus-verwante inligting wat my om elke hoek en draai oorweldig het. Dit is egter nou 47 dae later en alles wat ek te sê het, het op een of ander manier iets met die pandemie te make. Dit maak jou siek, of jy dit nou onder lede het of nie. ’n Illustrasie van die koronavirus, CDC (Unsplash) Dit is baie moeilik om vir ’n virus kwaad te wees. Jy kan dit nie aanspreeklik hou nie. Jy kan dit nie beboet nie. Jy kan dit nie skel en vloek nie (want kom ons wees nou maar eerlik, soms laat dít mens immers ’n bietjie beter voel). Trouens, jy kan niks binne jou menslike beheer doen om die virus of sy pad van verwoesting te beïnvloed nie, behalwe dalk om na jou eie gesondheid om te sien. Ek kan vir ons president kwaad wees, hoofsaaklik vir die skade wat hy aan ons ekonomie berokken het. Of dat sy regering ons menseregte van só mate beperk dat dit vir elke demografi...

Nuwe ontdekkings in ou kennis

Image
Ek is nie lief daarvoor om sport op die televisie te kyk nie. Dikwels is die rede daarvoor dat ek nie die reëls verstaan nie (soos Tennis), maar hoofsaaklik is dit net eenvoudig vir my té vervelig. Ek het geen lojaliteit teen enige van ons provinsiale rugbyspanne nie en steur my nie aan wêreldranglyste nie. My man skerts dikwels dat ons huwelikskontrak stipuleer dat hy nooit mag golf speel nie. My gebrek aan belangstelling is egter beslis nie deur ’n gebrek aan blootstelling gekweek nie. My pa was nog al tyd lief vir sport kyk. Eintlik enige sport, maar sy gunstelinge was Formule 1, rugby en krieket. Die gezoem van renmotors dien as ideale agtergrondgeraas vir ’n vinnige middagslapie op ’n Sondag. Ek het die middagslapie gevat, my pa was wakker vir die hele wedren. Ek het wel die voorlopers se name en die wysie van die Italiaanse en Duitse volksliedere uit my kop geken. Só ook al die spelers van ons ’95 rugbyspan wat die Wêreldbeker gewen het. Ek was nege jaar oud maar onthou die ...

Van werksoek na weerbaarheid

Image
As mense hoor ons emigreer Kanada toe, is die eerste vraag gewoonlik of een van ons ’n werk daar gekry het. Ons het van die begin af besluit dat ons die skuif beslis nie sonder ’n werksaanbod sal maak nie, so dit was ’n belangrike deel van die proses. My man Callie* is ’n programmeerder – ’n beroep hoog in aanvraag in Kanada. Ten spyte daarvan was dit baie moeiliker om ’n werk te kry as wat ons ooit kon voorspel, hoofsaaklik omdat ons nog in Suid-Afrika was. Hy het daagliks vir poste aansoek gedoen, op elke platform denkbaar. Tussen meer as 300 aansoeke het hy drie onderhoude gehad wat onsuksesvol was, nadat hy dae lank aan ’n lyntjie gehou is. Uiteindelik, net toe ons wil tou opgooi, kry hy terugvoer van Elmer’s Manufacturing in Altona. Reeds van die eerste gesprek af was hul aanslag totaal anders as die vorige ervarings. Hulle was gemaklik, vriendelik en het oor ons gesin uitgevra. Ons het dadelik begin navorsing doen oor die dorp en besef dat dié pos ons nie net na ’n an...

My eerste indrukke van Kanada (as ’n toeris)

Image
Ek het onlangs die ongelooflike geleentheid gehad om Kanada eerstehands te gaan beleef. Me, myself and I. Nie net as ’n welverdiende wegbreek nie, maar ook om my eie indrukke oor die land en sy mense in te win. Dit is mos anders om ’n plek in persoon te beleef. Geen poskaart of stock foto is heeltemal getrou aan die werklikheid nie en mens moet daai soort koue aan jou eie bas voel! Boonop het ek nog nooit voorheen sneeu gesien nie, so dit was ’n bonus om my kuier vir die winter te beplan. Ek het eers via Frankfurt (ek was baie beïndruk met die SAL-vlug) en Montreal na Halifax, Nova Scotia gereis. In Montreal het daar egter ’n sneeustorm vir my gewag. My vlug na Halifax is drie keer gekanselleer weens die slegte weer en in só geval maak die lugdiens nie voorsiening vir hotelverblyf vir gestrande toeriste nie. Ek was vir amper ’n dag op ‘n lughawe vasgekeer waar meeste mense nie eens Engels gepraat het nie en boonop nie baie vriendelik is nie. Ek was gereed om han...