Posts

Gedagtes op papier

Image
Ek het al baie die gesegde gehoor dat as jy doen waarvoor jy lief is, jy nie vir ’n dag van jou lewe sal werk nie. Daar steek beslis waarheid in hierdie stelling, dit is belangrik dat jy jou beroep geniet en passievol daaroor is, maar ek dink dit is steeds goed om jou werk en jou stokperdjies te skei. Ek het egter tot redelik onlangs die twee met mekaar verwar. Kom ek verduidelik.   Ek was nog altyd kreatief en goed met kuns. Van kleins af het ek daarvan gehou om te teken en daar was van vroeg af baie detail in my tekeninge. Op skool was een van my buitemuurse aktiwiteite deurentyd kunsklasse – daar was altyd nuwe om te leer en sonder dat ek dit noodwendig besef het was dit ’n ontvlugting van die werklikheid, iets wat ’n dagdromer goed pas. Omdat kuns my sterkpunt was het ander mense dit vanselfsprekend met my geassosieer en het ek self gereken dat ek dit vir ’n beroep sou kies. Van al die beroepsgesprekke wat ons aan die einde van ons Hoërskoolloopbaan gehad het was daar egter...

’n Nuwe balans vir ’n introvert

Image
Ek en my man is albei selferkende huislywe. Dis nou sommer ’n woord wat ek uitgedink het, kluisenaar klink bietjie drasties. As ons ’n keuse het, spandeer ons ons tyd tuis eerder as om uit te gaan. Ons is uiteraard nie bekend daarvoor dat ons die dorp rooi, of enige ander kleur, verf nie. Dit beteken nie ons gaan nooit uit nie, ons moet onsself net deeglik voorberei en genoeg krag hê om die buitewêreld aan te durf. Ek laat dit nou in elk geval dramaties klink, maar eintlik is ons maar net sterk introverte. Daar is ’n wanindruk dat introverte nie mense-mense is nie. Jy weet – ’n People’s Person . Maar dit is glad nie die geval nie. Ons verkies ons mense net in klein dosisse en binne ’n beperkte raamwerk. As ons op ons gemak voel, praat ons ’n hond uit ’n bos uit. Daarteenoor is ons werklik slegte geselskap as ons moeg en gespanne is. Deesdae voel dit vir my of ons permanent moeg en gespanne is (met komplimente van China) en ek begin al wonder of mense dink ek wil hulle nie meer ke...

Die goed saam met die sleg

Image
Dit is nou amptelik ’n week en twee dae sedert ek my kantoorwerk vir voltydse mamma verruil het. Dus het ek nou meer plek in my kop terwyl ek agter die seuntjies aanhardloop. In my vorige inskrywing het ek die swaarte van COVID-19 en die inperking van my bors af gekry, so nou wil ek graag die positiewe invloed wat dit op my lewe gehad het deel. Sommige daarvan was maklik om raak te sien, vir ander moes ek dieper gaan delf. Bruno Nascimento – Unsplash Ek noem dikwels opmerkings wat mense maak as hulle hoor jy emigreer. Een daarvan is die bekommernis dat ons Suid-Afrikaners gaan sukkel om sonder ’n huishulp klaar te kom. My feetjie het twee maal per week by ons kom draai voor die inperking en dit was altyd so lekker om by ’n skoon huis in te stap. Ná inperking moes ek skielik voltyds tuis werk, na die kinders kyk (ek en my man moes beurte maak) EN die huiswerk doen. Jy leer vinnig om die wasgoed op te hang terwyl die kinders televisie kyk of slaap – en ja, my kinders het BAIE tele...