'n Gewone lewe
Ek het onlangs ‘n prentjie op die internet gesien wat sê “Wanneer jy 40 word is jy oud vir jongmense, en jonk vir oumense.” My man word hierdie jaar 40. Ek onthou nog my ouers se 40ste verjaarsdagpartytjie. Ek onthou presies waar in die huis ons gesit en kuier het, met die grys rusbanke wat ons al vir dekades nie meer het nie. Ek het nog twee jaar oor voor dit my beurt is, maar ek voel aan my lyf dat ek nou ‘n nuwe fase betree. Met my skuif van skool na universiteit, en weer van universiteit na werk, het ek gedink dat tyd teen my tel. Daar is ‘n tydgleuf waarby ek moet pas hou. En omdat tyd beperk is, moet jy dit nie vermors nie. Ek het vier jaar op universiteit spandeer en vir nog vier jaar daarna met ‘n begin-salaris my studielening afbetaal en dus gereken ek moet ‘n sukses maak van wat ek het. Ek was in my dertigs toe ek vir die eerste keer besef het dat mens nooit te oud is om ‘n verandering te maak nie. Dat geen tyd of energie van die verlede nutteloos was nie. Gelukkig is 30 nog